MIEMS SE KOOL
Resep ontdek uit oorlede ma se resepte boek (sy al 30 jaar oorlede) so die oorsprong is onbekend, maar die resultaat is heerlik!
4 eetlepels botter
1 ui
2 teelepels kerriepoeier
½ kool, in repies gesny
neutmuskaat
1 teelepel sagte bruinsuiker
½ koppie vars broodkrummels
3 eiers, geklits
1 eetlepel suiker
1 eetlepel asyn
2 teelepels bakpoeier
sout en peper
Braai ui, strooi kerrie oor, voeg kool by, braai. Deksel op – kook tot sag. Geur met sout, peper, neutmuskaat en suiker. Meng met krummels. Skep in glasbak. Klits eiers, suiker, asyn en bakpoeier en geur. Giet oor kool en bak teen 180°C vir 30 minute.
Resep geplaas deur Maureen Swanepoel Jordaan
Foto: Alta Vigus

