MEKSIKAANSE POEDING

Meksikaanse Poedingtested

MEKSIKAANSE POEDING

1 1/2 Koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
1/2 koppie botter gesmelt
5 eiers
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla essence.

Sous
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal-melk
1 koppie melk.

Metode:
Sif droe bestanddele saam in mengbak.
Klits die eiers en suiker saam vir ongeveer 4 min in ‘n ander mengbak tot lig en romerig.
Klits vanilla essence by en voeg die meelmengsel geleidelik by tewyl die klitser op lae spoed loop.
Vou die gesmelte botter in die mengsel in en skep dit in n gesmeerde oondbak.
Bak in voorverhitte oond van 180C vir 30-35 min.
Meng drie melke saam.
Prik poeding met vurk en giet sous bo-oor.
Laat staan vir n rukkie.
Bedien met vla of room.

Resep en Foto: Elize Gouws
2DE FOTO:  Reon Conradie
Laas week het iemand wat saam my werk my vertel van die “meksikaanse poeding” en toe maak ek dit… en al wat ek kan se is YUMMY!! Dis verskriklik lekker😋😋😋