MARIE SE GEMMERKOEKIES

marie se gemmerkoekiestestedgemmerkoekies liaan

MARIE SE GEMMERKOEKIES
Bron en foto: Marie Rheeder Troskie
Tweede foto:  Liaan Talita Gerber
3de foto:  Foto: Marika Tegmann
FOOD LOVERS RECIPES
Room saam:
2 eiers
2 koppies suiker
250 g margarien
1 koppie goue stroop
Voeg by:
6 koppies meel
2 teelepels gemmer (afhangend van hoe sterk jy dit wil he)
3 teelepels koeksoda aangemaak met melk tot ‘n pasta.
Meng goed, rol bolletjies, pak op voorbereide bakplaat, druk effens plat met vurk en bak teen 180ºC tot gaar. Ongeveer 10 – 12 min.