LOUISE SE TUNATERT


LOUISE SE TUNATERT
Resep en Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Resep wat ek al baie jare maak. Altyd baie gewild by partytjies en jy kan dit mooi klein blokkies sny as dit afgekoel het. Die bestanddele lyk glad nie of dit kan lekker wees nie, maar dis heerlik. Baie maklik om te maak – jy meng net alles in ‘n pot op die stoof, skep in ‘n bak en bak in die oond.
1 blikkie Tuna
4 snye witbrood (korsies dun afgesny)
1 koppie melk
2 eetlepels margarien
3 eiers
1 – 1½ koppies Cheddarkaas gerasper
sout of Aromat na smaak
witpeper na smaak
knypie knoffelsout
fyngekapte pietersielie, bietjie paprika om bo-oor te sprinkel
Klein tamatietjies kan ook bo-op geplaas word.
Bring melk tot amper kookpunt (in pot op stoof). Breek brood in stukkies en roer by melk tot dit soos pap lyk. Voeg res van bestanddele by, maar hou omtrent ‘n halwe koppie kaas oor om bo-oor te sprinkel. Skep in ‘n Pyrex bak en bak in oond vir 35 min. by 180ºC
Laat afkoel tot louwarm voor jy dit sny.
Resep kan suksesvol verdubbel word.