KONDENSMELKBESKUIT MET ANYS


KONDENSMELKBESKUIT MET ANYS
2.5 kg koekmeel
20 ml sout
320 g suiker
20 g kitsgis (2 pakkies)
2 eiers geklits
1 liter water
250 g gesmelte botter
1 blik kondensmelk
So ongeveer ‘n ½ koppie Anys (minder as jy nie van baie anys hou nie)
Sif meel en sout saam. Voeg suiker en gis by meng goed.
Meng eiers, gesmelte botter en kondensmelk saam.
Maak holte in meel en gooi Eier mengsel in en meng tot n sagte deeg voeg water by soos nodig.
Knie vir 10 min maak toe en laat rys tot dubbel of vir n half uur.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde panne.
Laat weer rys en bak 1 uur by 180 ºC.
Ek smeer suiker water bo op so ‘n rukkie voor ek dit uit haal.
Resep en foto: Lettie Martyniuk