HUISGENOOT KOEKSISTERS

 

koeksisters deontested
HUISGENOOT KOEKSISTERS
Foto: Deon Rossouw
STROOP
500 ml water
800 g suiker
1 knippie sout
2 ml kremetart
5 ml gemmer
15 ml lemmetjiesap
1 kaneelstok
DEEG
625 ml bruismeel
180 ml koekmeel
375 ml mielieblom (Maizena)
30 ml bakpoeier
60 ml melk
100 ml room
2 eiers
50 g botter
olie vir diep braai

STROOP:
Verhit die water in ‘n pot en voeg die res van die “stroop” bestanddele by.
Bring tot Kookpunt terwyl jy nou en dan roer. Laat prut vir nog so 10 min.
Laat afkoel en sit in vrieskas.

DEEG:
Sif al die droë bestanddele saam in ‘n groot bak. Klits die eiers, melk, room en botter saam en meng in die droë bestanddele in. Knie so 10 min en draai toe in kleefplastiek en sit in die yskas vir so uur of wat. Na die verkoel tydperk rol die deeg baie dun uit en maak vlegsels. Maak die olie warm en braai die vlegsels vir so 2 – 3 minute tot die kleur is hoe jy dit geniet.
Week dit in die stroop, dreineer en GENIET!!!!
MY TIPS:
Ek het DUBBEL stroop aangemaak want ek geniet sagter koeksisters. Ek het die stroop gehalveer in twee potte dat ek heeltyd ‘n pot sous in die vrieksas gehad het om te gebruik sodra die eerste pot begin “warm” word. Ek het nie die stroop oornag in die yskas gehad nie. Dit was so 7 ure in die vrieskas. Die stroop vries glad nie.
Ek het glad nie die gemmer of kaneel stokkie in gesit want ek is mal oor dit nie maar het regtig baie lekker uit gekom.