KLAPPER MAYONNAISE

Klapper mayo stefaanstested
KLAPPER MAYONNAISE
Vleisland se BANTING Mayonnaise…(Klapperolie)
1 en ½ koppie suiwer Klapperolie olie.. (Sommer by DISCHEM gekoop)
1 Jumbo hoender eier
3 eetlepels suurlemoensap, of appel asyn
1 teelepel mostertpoeier
½ teelepel sout (Alle bestanddele MOET teen kamer temperatuur wees)
Plaas die eier, in ‘n mengskottel saam met die sout, peper, mostertpoeier, en suurlemoensap en ‘n ½ koppie van die Klapperolie.
Klits nou met ‘n elektriese klitser op vining, totdat dit begin stol.
Giet nou die res van die olie baie stadig by terwyl aanhou klits, na al die olie ingegooi is, klits vir nog 20 seckondes op vining.
Laat staan oornag in die yskas en geniet ‘n lekker gesonde Klapper Mayonaise.

Resep:  Stefaans Blaauw