KARAMEL KONKOKSIE

karamel konkoksietested
KARAMEL KONKOKSIE
1 pakkie caramel of butterscotch poeding (Moirs) aangemaak en verkoel
600 ml room, koud en geklits
15 ml fyn suiker
5 ml Vanilla
1 eierwit, styf geklits
½ blik gekookte kondensmelk
1 crunchie, fyngekap

Klits die room, suiker en vanilla saam.
Meng helfte van die room en kondensmelk met geklitsde eierwit – lekker mousse. As dit te soet is, voeg nog room en/of eierwit by.
Skep poeding, mousse en room in lae, eindig met room. Sprinkel die helfte van die gekrummelde crunchie net voor jy laaste room opsit, met die res bo oor as versiering. Jy kan ook ‘n kersie en mint blaartjie opsit (ek het nie gehad nie).

Maak 6 porsies. Maak dit maar klein porsies, dis SOET.
Variasie, vir ‘n minder soet nagereg, giet lae vlasous wat met helfte normale suiker aangemaak is, tussen in.

Kiti De Jager –  bron – my eie moerby resep.