KAASSKONS-KAASBROODJIES

skons met room aneentested

KAASSKONS-KAASBROODJIES
2 koppies meel
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
3 teelepels bakpoeier
2 eiers
2 eetlepels water
2 eetlepels melk
6 eetlepels botter
knippie sout
knippie rooipeper

Meng die droë bestanddele en vryf die botter in dat dit lyk soos broodkrummels. Voeg die kaas by.  Meng melk, water en eiers goed en gooi by meelmengsels.  (pas water/melk aan indien nodig)
Sny in met ‘n slaplem mes, moenie te veel hanteer nie, tot goed gemeng.  Gooi uit op meelbestrooide oppervlak, druk liggies plat en druk af met drukker.  Pak op voorbereide bakplaat en bak teen 180°C vir ongeveer 45 min of tot gaar en mooi verkleur.  Sodra dit uit die oond kom, smeer bietjie gesmelte botter oor.

Resep:  Rina Kleinhans
Foto: Aneen Graupe