GESONDHEIDSBESKUIT IN DIE MIKROGOLF

GESONDHEIDSBESKUITtested

GESONDHEIDSBESKUIT IN DIE MIKROGOLF
500 g margarien
375 ml bruinsuiker
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
knippie sout
750 ml All Bran
500 ml semels
250 ml sonneblomsaad
250  ml korente (kan ook sitrus skil gebruik)
500 ml karringmelk
2 eiers
melk

Mikrogolf die margarien en suiker vir 3 minute by 100 % krag. Roer. Mikrogolf weer 2 minute. Laat effens afkoel. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout. Voeg All Bran, semels, sonneblomsaad en korente by. Meng. Gooi karringmelk in ‘n maatkoppie. Voeg eiers by en klits tot gemeng. Vul dan die mengsel met melk aan tot 1 liter. Meng melk- en bottermengsel goed. Gooi in 2 bakke van 21 x 10 x 14 cm. Mikrogolf op 70% krag vir 20 minute. (Een op ‘n keer) sny in snye en dan in vingers. Droog uit in gewone oond.
BRON – Hannetjie Snyman

Hannetjie Snyman:
Ek sny dit as dit nie heeltemal koud is nie, sny dan makliker.
Dit krummel nogal heelwat as ek dit sny.
Ek sproei die bak en sit onder-in kombuis papier (die op die rolle).
Die deeg is baie slap. As dit klaar gebak het, sny ek dit soos ‘n brood, net bietjie dikker. Dan in vingers.
Ek kry so 45 vingers uit een “brood”.