GEROOKTE SNOEKTERT
GEROOKTE SNOEKTERT
Kors.
440 ml koekmeel
knippie bakpoeier
4 ml sout
125 gram botter
1 eier
25 ml olie
Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade
Vir die kors, sif die droee bestandele saam. Vryf die botter met jou vingepunte in die meel of sny dit in tot soos broodkrummels lyk. klop die eier en die olie saam, voeg dit by die meelmengsel en meng met n mes tot n sagte deeg. Druk die deeg in n gesmeerde tertbord.
Vulsel
50 gram botter
50 ml koekmeel
4 ml mosterdpoeier
500 ml melk
500 ml cheddardkaas gerasperd
3 eiers geklits
500 ml gerookte snoek gevlok
10 ml fyn gekapte pietersielie
Metode
Vir die vulsel, smelt die botter in n kastrol, voeg die meel en mosterd by en roer deeglik. Voeg die melk by, verhoog die hitteen roer aanhoudend tot die mengsel verdik. Verwyder van die hitte en roer die kaas by tot die meeste kaas gesmelt het. Laat effens afkoel. roer die geklitste eier by. roer voordurend. Voeg laastens die snoek en pietersielie by, roer deeglikdeur en keer uit in die gevoerde tertbord. Bak vir 30-40 min tot gestol. Sit voor met vars groente slaai.
FOTO – Hannie van der Merwe

