VARIASIES VAN TUISGEMAAKTE SPEELKLEI


VARIASIES VAN TUISGEMAAKTE SPEELKLEI
ONGEKOOKTE KLEI
1 koppie meel,
1/4 sout,
1 eetlepel kookolie,
paar druppels voedselkleursel
en 1/2 koppie water.
Meng meel en sout saam. Voeg olie by. Voeg kleursel by die water. Voeg die water bietjie vir bietjie by. Knie die mengsel tot glad. Bere in cling wrap in lugdigte houer
REKKERIGE KLEI
1 koppie haaropknapper
en 2 koppies mielieblom.
Meng saam om ‘n glibberige, rekkerige klei te vorm.
GEGEURDE KLEI
1 koppie meel,
1/4 koppie sout,
1 klein pakkie
25g aanmaak-koeldrankpoeier,
2/3 water
en 1 Eetlepel olie.
Meng sout, sout en koeldrankpoeier saam. Kook water en klits olie by. Giet die water-olie bietjie vir bietjie oor droe bestanddele en meng tot die verlangde tekstuur vir ‘n dik klei.
BRON – Elzanne Huisamen