SUURLEMOEN KARAMELTERT

Suurlemoen karamel terttested
SUURLEMOEN KARAMELTERT
1 pakkie suurlemoenjellie
1 koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk (verkoel)
1 blikkie gekondenseerde melk (stoom blikkie vir 3 ure lank) ( opsioneel)
1 pakkie tennis beskuitjies

1. Los jellie op in die kookwater en laat af koel
2. Klits die ingedampte melk tot styf en voeg jellie by
3. Voeg gekondenseerde melk wat tot karamel gekook is by terwyl aan hou klits
4. Pak laag tennis beskuitjies in tertbord en gooi halfte van mengsel oor
5. Pak weer ‘n laag beskuitjies en gooi res van mengsel oor
6. Versier met geklitste room en kersies
7. Plaas in koelkas
Resep en Foto: Geplaas deur Christine Valentine