SKAAPLEWER

SKAAP LEWERtested
SKAAPLEWER
Nog ‘n randrekker dis. Sny jou lewer soos steaks en maak gaar soos steak. Lewer wat reg gaargemaak is, is heerlik.
500 g skaaplewer, vliese en are verwyder
sout en grof gemaalde swartpeper
botter en olyfolie vir braai
Soetsuur Sous:
4 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) rooipeper
5 ml (1 teelepel) brandrissievlokkies
5 ml (1 teelepel) paprika
100 ml suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen
125 ml bruinsuiker
200 ml water
meel om sous te verdik

Lewer:
Sny die lewer in stukke en geur met die sout en peper.
Verhit die botter en olyfolie in ’n diep riffelpan.
Braai die lewerstukke vinnig aan weerskante tot net gaar. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
Suursous:
Braai die uie en knoffel liggies in ’n bietjie botter en olie.
Voeg die res van die bestanddele, buiten die meel, by. Laat prut tot al die suiker gesmelt en die speserye goed deurgekook is.
Verdik die sous met ’n bietjie meel wat aangemaak is tot ’n pasta en kook deur. Roer. Sit voor met die gaar lewer.
Bedien die lewer en sous met kapokaartappel of mieliepap en slaai.

Foto: Elize de Kock
Aangepas: Elize de Kock