SARDYNE MET RYS

2015-02-09-sardynemetrystested

1 pakkie hoender sop
500 ml kook water (50ml koue water en 450ml kookwater)
125 ml rys
1 blik sardyne in tamatiesous
1 eier geklits
10ml asyn
1 ui fyn gesny
1 tamatie fyn gesny
Knippie droë timie
125 ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond op 180
Roer die sopmengsel in die koue water, maak aan en roer by kook water en laat 5 min lank kook!
Kook rys gewoon
Verwyder die grate van die vis en maak fyn
Meng nou Al die Bestandele! !!
Giet in bak en bak 30 min

Foto: Benhet Niewenhuys
Posted: Amanda Conradie

Rina Kleinhans:  Ek het eers my sop aangemaak met die koue water en toe met die kookwater om klonte te voorkom, en ek sal nog ‘n eier insit vir ‘n stywer eindproduk, maar baie baie lekker