RYP VYEKONFYT

tested
RYP VYEKONFYT

Skil vy dun af en laat le ‘n ruk in die son om die nerf hard te maak (ek doen dit nie)
Prik goed en laat staan oornag in kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water
Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop
Ek los die hele boonste gedeelte van die resep – ek sny net die vy met skil en al in stukkies en gooi in pot en my resep is 100% reg xx
Stroop:
2 kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte
Voeg die sap van een suurlemoen by vir elke 1 kg vrugte (ek gooi sommer so 2 eetl gewone suurlemoensap by
Voeg ¼ tl kremetart by
Voeg ‘n gekneusde gemmer wortel by
Kook vir ongeveer 2 ure op hoog (vinnig)
Onthou om die skuim af te skep, – doen die yskas toets om te sien of jou stroop reg is.
Bottel warm.
Bron: Amanda Grant