ROTSKOEKIES
Stel oond op 200 ÂșC. Smeer bakplaat van 150 mm x 300 mm. Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf met vingerpunte die margarien in. Voeg suiker en korente by die meelmengsel. Maak deeg aan met eier (effens geklop) en melk of water. Skep hopies op die bakplaat of in papierbakkies. Bak vir 20 minute. Laat afkoel op draadrakkie. Ek onthou dit was een van die eerste goed wat ons op skool gebak het. Hoop jy kom reg.
Resep geplaas deur Hannetjie Snyman


ROTSKOEKIES