RAFFELTJIE VARK VLEIS / PULLED PORK
Ek sien die meeste resepte (miskien almal) is vir die prutpot (slow cooker). As jy nie een het nie, kan jy miskien my metode gebruik. Dit werk soos ‘n bom. Oond op 110 – 120 g C. Ek gebruik varkpens oftewel “pork belly”. Hopelik is die vel en vet bo-op reeds ge”score”, anders doen jy dit met ‘n skerp mes. Vryf lekker in met balsamiese asyn, en strooi bietjie bruinsuiker oor.
Bak daai pensie 8 uur lank (maak nie saak wat hy weeg nie, maar moenie ‘n klein stukkie bak nie). Na 8 uur is dit murgsag. Strooi seesoutvlokkies oor die vel, en bak onder jou oondrooster tot die vet begin kraak en borrel. Moenie brand nie. So is dit eintlik ‘n hoofgereg. Aartappels, bone uit ‘n blik, sauerkraut, of kool, is alles lekker daarmee saam.
Resep: Zuri Roos
Foto: Louise Groenewald

