PIñATA KOEK
PIñATA KOEK
6 eiers
2 koppies suiker
1 koppie water
1 koppie olie
½ koppie maziena
2 ½ koppie koekmeel
6 teelepels bakpoeier
sout
1 teelepel vanielje geursel
Meng eiers en suiker gooi dan water, olie en vanielje geursel by. Meng goed. Voeg dan droë bestanddele by meng goed. Deel deeg in hoeveelheid kleure jy wil he op, verkleur elke deeg met koek kleursel en bak elke kleur in sy eie pan. Sodra al die kleure gebak en koud is, vat ‘n glas en druk in die middel van elke laag ‘n gat. Versier dan lae op mekaar gooi smarties in die gat en sit die laaste laag se middel stuk terug op sodat daar geen teken van die gat is nie. Versier soos normaal.
Foto en resep geplaas deur Elmarie Vd Westhuizen Fourie

