OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET STUKKIES WORS

Ouvrou onder die komberstested

OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET STUKKIES WORS
Ons aandete. Ouvrou onder die kombers met n uie basis met klein stukkie wors
500 g wors (of meer)
2 koppies bruismeel
1 teelepel sout
Hoogvol eetlepel botter, gesmelt
250 ml creme fraîche
1 koppie melk
2 eetlepels mosterdpoeier
15 ml gedroogde gemengde kruie.
Braai 2 uie tot bruin.

Sny wors in stukkies en sprei saam met gebraaide uie in bak.

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter, creme fraîche , melk en mosterd saam en gooi by die meel.
Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie. Gooi die beslag in ’n groot, ronde oondbak
Bak die gereg 40-50 minute of tot dit gaar en goudbruin is.
Foto en resep geplaas deur Ertjies De Witt