OUMA TOM SE MAALVLEIS PASTEI
OUMA TOM SE MAALVLEIS PASTEI
KORS
525 g (4 x 250 ml, ongesif, afgemeet) koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
250 g botter of margarine
325-350 ml melk
VULSEL
1 kg maalvleis
3 snye brood
5 ml cumin
5 ml koljander
30 ml Worchester sous
25 ml asyn
2 koppies (500 ml)koue water
7 ml sout
50g (125ml) gerasperde Cheddar Kaas
Sif die koekmeelblom, bakpoer en sout saam. Sny die botter of margarine met 2 slaplemmesse in die meelmengsel in totdat die stukkies so groot soos ertjiekorrels is. Vryf dit verder liggies met die vingertoppe in tot taamlik goed gemeng. Sny die melk met ‘n mes in die meelmengsel in totdat ‘n sagte, hanteerbare deeg gevorm het. Druk dit liggies aanmekaar en laat ‘n halfuur in die koelkas.
Meng die maalvleis en 250ml water met ‘n groot vurk in ‘n kastrol. Sit die deksel op en kook die vleis oor matige hitte tot gaar; roer af en toe. Week die brood in die oorblywende 250ml water, voeg dit by die vleis en voeg ook die asyn, sout en peper en cumin, koljander en worchestier sous by. Roer gereeld en kook totdat die mengsel slap en slymerig is. Laat dit afkoel.
Voor verhit die oond tot 180ºC.
Rol 2/3 van die deeg taamlik dun op ‘n meelbestrooide deegplank uit en voer ‘n pasteibak met ‘n volume van 2.5 liter daarmee uit. Skep die koue vleismengsel in, strooi die kaas oor, sny die deegrande netjies en maak dit met koue water klam. Rol die oorblywende deeg uit en plaas dit oor die vulsel. Druk die rande styf vas en sny netjies. Sny blom- en blaarfatsoene met die oorskietdeeg. Maak die fatsoene met koue water klam en plak hulle op die bo-kors vas. Sny een of twee opening op die bo-kors warardeur die stoom kan ontsnap. Verf geklitste eier oor die kors. Bak die pastei 25-30min. Sit dit warm voor.
(Aangepas deur Elize de Kock)
Foto: Elize de Kock

