MAKLIKE CHILLI SOUS

2015-02-21-20150221_175401tested
MAKLIKE CHILLI SOUS
Vanmiddag die chillie sous gemaak – is baie hot!

200 g vars chillies
1 teelepel knoffel
1 teelepel gemmer
1 koppie bruin asyn
1 koppie wit suiker

Maak die chillies fyn met ‘n liquidizer.
Voeg die knoffel en gemmer by die chillies en meng goed.
Bring die asyn en wit suiker tot kookpunt.
Voeg die chillies by en laat dit vir 10 minute prut of totdat die mengsel begin stroperig raak.
Gooi in skoon botteltjies, hierdie sousie hou omtrent vir 2 weke in die yskas.
Resep: Christal Ras
Foto: Marie Rheeder Troskie