


KITSPOEDINGLEKKERS-KOEKIES
1 pakkie kitspoeding
2 koppies versiersuiker
3 eetlepels melk
1 eetlepel suurlemoensap
¼ koppie margarien
Meng die kitspoeding en versiersuiker.
Voeg die melk, suurlemoensap en margarien by.
Knie tot alles goed gemeng is.
Die deeg is nou gereed vir die kinders se gebruik.
Laat staan dit vir 30 minute in ‘n koel plek om hard te word
Foto deur Lettie Martyniuk en Aneen Graupe
Nota: Lettie Martyniuk: Dis lekker maar baie soet Ek het butterscotch gebruik en dis lekker ek dink di kinders en my man Sal daarvan hou
Nou dat dit harder word proe dit soos baie lekker fudge