KAAS EN SPEK POFFERTJIES
KAAS EN SPEK POFFERTJIES
BRON: Yvonne Brazer
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
knypie rooipeper
2 teelepels pietersielie
3 teelepels garlic flakes, voeg soveel in soos jy wil
1 fyn gekapte ui
1 pakkie spek, jy kan soveel insit soos jy wil
500 ml gerasperde kaas
500 ml melk
2 eiers
Voorverhit oond tot 200 °C.
Smeer of spuit holtes van kolwyntjiepanne.
Sif koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam. Gooi die pietersielie en garlic by.
Voeg die kaas by en meng.
Klits die eiers en melk saam en voeg dit by die meelmengsel en meng tot slap deeg.
Skep holtes van die panne 2/3 vol. Skep stukkies gekapte spek bo-op.
Bak poffertjies vir 10 – 15 min of tot goudbruin. (Moenie te lank bak nie, anders is dit te droog)
Bedien warm. Ek het 2 pannetjies uitgekry.

