JOLANDI SE LEKKER DADELBROOD

dadelbroodtestedvelia-se-dadelbrood

JOLANDI SE LEKKER DADELBROOD
Foto en resep geplaas deur Jolandi Greyling en Velia Goosen
FOOD LOVERS RECIPES
Sit oond aan op 180°C.
375 g dadels
125 ml margarien
5 ml koeksoda
250 ml kook water

Snipper dadels en haal pitte uit.
Giet kookwater, margarien en koeksoda oor.
Roer en laat eenkant staan om af te koel.

190 ml suiker
1 eier
5 ml vanilla geursel
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier

Klits die suiker, eier en vanilla geursel saam tot lig.
Sif die koekmeel en bakpoeier saam.
Meng die 3 mengsels saam, skep in broodpan en bak vir 45 min.