HOLLANDSE APPELTERT

appeltert joyce 2tested
HOLLANDSE APPELTERT
Resep by ‘n Hollandse vriendin gekry.
DEEG:
300 g koekmeel
200 g Stork bake
175 g strooisuiker
½ teelepel sout
10 ml Vanilla Man suiker
1 eier, net los geklits om bo-oor te smeer

Krummels om in die uitgerolde deeg te gooi.  Die “boksie “bread crumbs” wat jy by die winkel koop.”
Meng deur met lepel om te meng en die margarien moet sag wees en knie dan met hande deur totdat deeg van hande afkom en lekker bal vorm. Sit die bal deeg dan in die yskas.
APPELMENGSEL:
In mengbak:
2 groot blikke tertappels, gedreineer
1 eetlepel suurlemoensap, bo-oor gestrooi
4 eetlepels strooisuiker, bo-oor gestrooi en meng effens deur
½ eetlepel kaneel, dan bo-oor en meng weer deur
1 ½ eetlepels vlapoeier, bo-oor gestrooi

Roer dan lekker deur. Haal deeg uit yskas en rol uit, hou ‘n stukkie eenkant vir die repies bo-oor. Maak die sirkel in die springvorm en sny dan die stukke af en sit dit aan die kante van die pan en druk met hand om te pas en te heg. Strooi nou die krummels oor die deeg. Gooi dan die appelmengsel in die deeg en maak gelyk. Rol nou die res van die deeg uit en sny repies vir bo-oor. Smeer geklitste eier bo-oor repies. Bak in voorverhitte oond op 180°C vir 60 min.

Resep en foto:  Joyce Geers