HOENDER QUICHE
HOENDER QUICHE
Hierdie resep is genoeg vir 4 mense vir n ete met slaai en as jy dit verdubbel 8 mense.
2 hoender borsies, in blokkies gesny
½ pak spek, in blokkies
½ pak sampioene, gesny
½ ui
2 eiers
125 ml suurroom
knoffelpeper en aromat
1 rol broskorsdeeg
1 wiel feta
Blanseer ui in kookwater en braai in olyfolie, geur met sout en peper. Meng met hoender, spek en sampioene by die uie en braai tot net gaar. Moenie te droog braai nie.
Klits eiers en suurroom met knoffelpeper en aromat gegeur, saam.
Rol today broskorsdeeg dunner uit en voer gesmeerde 25 cm quiche pan met kors uit. Sprinkel hoender, spek en sampioenmengsel eweredig op kors en sprinkel 1 wiel feta bo-oor. Giet eier-suurroom mengsel bo-oor en bak vir 30 min teen 180°C.
Vir groter quiche of souttert vermeerder net. Lekker eet.
Gebruik enige 3 bestanddele vir enige quiche, soos bv ½ koppie hamblokkies, 1 koppie gaar spinasie en 1 koppie gekerfde biltong, maar altyd ‘n halwe ui by. Bly dan wind op, enjoy!
Resep deur Marie-Louise Meyer


