GEROOKTE HOENDER VINGERHAPPIE

 

my snacks 2 ry lepelstested

GEROOKTE HOENDER VINGERHAPPIE

Ek het hierdie “happies” gemaak vir die rondstaan borde maar sommer in groot lepels bedien.
Ek het net broodrolletjies lekker dik gesny, bietjie gerooster en toe roomkaas (spring onion & chives) lekker dik opgesit.
Gerookte hoender borsie baie dun gesny, in die kaas gedruk en versier met ‘n stukkie tamatie en glo my maar ‘n stukkie druiwe (jy kan olyse gebruik) en garlic chives.
Plaas elke broodjie in ‘n lepel en pak uit.
Baie lekker en vullend.
Rina Kleinhans