BIER, SPEK EN BILTONG BROOD


BIER, SPEK EN BILTONG BROOD
500 g bruismeel
5 ml sout
1 blik bier (enige van jou keuse)
250 spek, gebraai en gekap
250 g dun gesnyde biltong (opsioneel- of soveel soos wat jy wil gebruik)
1 groen soetrissie, gekap (of al 3 kleure)
1 ui, fyngekap

Braai spek en verwyder uit pan.
Soteer soetrissie en ui in pan en sit eenkant,
Sif meel en sout saam. Voeg die bier by en meng goed. Voeg die spek, biltong, uie en soetrissie by.
Meng goed en plaas in ‘n goed gesmeerde brood pan.
Plaas in oond, 180 ° C vir sowat ‘n uur en toets met koekpen of gaar is. As die pen uitkom en dit is droog is die brood gaar.
Die resep kan lekker aangepas word na jou smaak. Voeg blikkie pitmielies gedreineer by, of koppie gerasperde kaas, of selfs olywe, peppadews, sundried tomatoes.

Resep deur Monique Els