AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT

Australian Bush Cherry Konfyttested
AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT
In die pot die lekkerste konfyt Australian Bush Cherry dis baie werk want uit ‘n 1 kg kry jy maar so 700 ml konfyt en dit vat lank om al die pitte uit te haal.
700 g Bush cherries, ontpit
700 g suiker
60 ml suurlemoensap

Kook alles saam vir so 15 min. Sit af jou stoof.
Skep so 1 teelepel vol in ‘n bakkie, sit in yskas en kyk of dit stol.
Jy moet maar so elke 10 min toets want dit het baie pektien in, dit word soos ‘n jellie as dit koud is, myne so 25 min gevat tot dit klaar was.
Geniet dit – dis heerlik op roomys ‘n wafel of topping vir ‘n kaaskoek en moenie vergeet van ‘n stukkie toast.
BRON – Anita Groenewald Olderwagen

Jacqui Conradie – Anita Groenewald Olderwagen ek het die agterkant van hekelpen gebruik om die pit van die stingelkant af uit te druk. dv. Môre is dit ek en konfyt kook.