ANNIE SE INGELEGDE SOETRISSIES

Ingelegde Peppers.tested

ANNIE SE INGELEGDE SOETRISSIES
1 ½ kg soetrissies, sny in repies
4 uie, in ringe gesny
1 teelepel sout
2 tot 3 koppies suiker (ek gebruik 3 koppies suiker)
400 ml wit asyn
3 teelepels mosterd poeier
1 teelepel sout
5 eiers, geklits
1 eetlepel Maizena, in bietjie water aangemaak

Kook die soetrissies, uie en 1 teelepel sout saam in water en dreineer.
Meng die suiker, asyn, mosterdpoeier en 1 teelepel sout saam in ‘n groot pot.
Smelt alles saam, maar moenie kook nie en haal van die stoof af.
Giet die geklitste eiers stadig by die mengsel in die pot.
Roer die Maizena mengsel by.
Sit die pot terug op die stoof en kook deur terwyl jy roer.
Skep die soetrissies by, kook weer deur en bottel warm.

Nota:
Ek het 2 kg soetrissies gekoop. As alles uit is wat moet uitkom, is daar ongeveer 1.5 kg oor.

BRON – Annie Knoesen