ANGEL FOOD CAKE UIT IDEES

ANGEL FOOD CAKE MARIETAtested
ANGEL FOOD CAKE UIT IDEES
Voorverhit die oond tot 165°C.
250 ml (140 g) koekmeel
450 ml (375 g) strooisuiker
9 – 10 ekstra groot eierwitte
1 ml sout
7 ml kremetart
5 ml vanilla geursel
500 ml room
15 ml strooisuiker
5 ml roos- of lemoenbloeisel water
250 ml vars gerasperde klapper of gebruik
klapper vlokkies
250 g vars aarbeie middeldeur gesny
Sif die koekmeel en 110 ml van die stooisuiker vier keer saam.
Klop die eierwitte in ‘n bak totdat dit skuimerig raak en voeg die kremetart en sout by.
Klop totdat dit sagte punte vorm.
Klop res van die strooisuiker by, so 30 ml op ‘n slag, klop goed na elke byvoeging.
Voeg die vanilla by.
Sif ‘n dun lagie van die meelmengsel oor die eierwitmengsel en vou dit liggies in.
Herhaal totdat al die meel ingevou is.
Voeg die beslag in ‘n ongesmeerde chiffon koekpan en bak vir ‘n uur in die voorverhitte oond of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Keer die pan om op ‘n afkoelrak en laat dit heeltemal afkoel.
Versier soos volg:
Klop room styf net voor opdiening.
Voeg 15 ml strooisuiker en rooswater by en versier die koek bo-op en kante.
Plaas deurgesnyde aarbeie bo en op kante en strooi amandelvlokkies oor (dit kan uitgelos word as jy dit nie verkies nie). Gebruik skerp getande mes om die koek te sny.
Nota – Die rysmiddel is die eiers wat goed geklop moet word en die meel wat liggies ingevou wors.
Resep getoets en foto’s:  Marieta James en Frances Smith