WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG
Kobus Malherbe – Dagse. Iemand wat dalk vir my kan sê wat ek met eiervrug kan maak
Ané Reinhardt – Ons maak dit as bygereg: Ons skil dit, sny dit in ringe, gooi bietjie sout oor. Dan doop ons dit in meel, dan geklitste eier en dan weer meel (soos wat jy steak met kombersies maak) en dan braai ons dit in ‘n pan tot bruin aan beide kante. Sout en peper na smaak daarna.
Mariaan Visser – Ek maak kerrie met myne. Heerlik. Ek begin soos gewone kerrie. Braai uie en sit al die speserye in en braai saam met uie. Kerrie, borrie, fyn koljander, cumin, naeltjies, pypkaneel, gemmer, kerrieblare. Skli en sny tamaties en voeg by uie mengsel. Skli en sny bringel in blokkies. Skli aartappels en sny in blokkies. Voeg nou bringel en aartappels by eerste mengsel. Kook tot alles lekker sag is. Bedien met rys. Lekker vegetaries. Ek is n diabeet en maak dit gereeld vir myself. Ek laat die rys weg en eet dit net so alleen. Baie vullend en gesond en hou die suiker laag.
Laura Coetzer – Sny in skywe omtrent 5mm dik, sout en plaas eenkant in ‘n bak vir omtrent 15 min sodat die bitter vrank smaak uitgetrek kan word. Spoel dan deeglik af. Strooi baie liggies met meel en bak in olyfolie tot ligbruin en gaar. In ‘n aparte pot kook n tamatie en uie smoor tesame met maalvleis. Pak nou lae eiervrug in n oondvaste skottel gevolg deur n laag maalvleis en tamatie en uie smoor. Herhaal die lae tot eiervrug, maalvleis en smoor klaar is. Rond af met lekker baie gerasperde kaas en bak vir ongeveer 20 tot 30 minute. HEERLIK!!!! ps… moenie die knoffel, kruie en speserye in die maalvleis vergeet nie.
Mariaan Visser Ek het vir Jode gewerk. Ek het geleer om van bringel n doop sous te maak.
Die bri gel is in die mikrogolf vir ongeveer 7 min gesit. Daar na is dit laat afkoel en geskil. Die bringel is dan opgekap en in die voedselverwerker gesit saam met hard gekookte eiers, gekapte uie, pietersielie en sout en peper. Dit word goed fyn gemaak en bietjie mayonaise in geroer. Dit word dan saam met kraak beskuitjies vir n voorgereg geeet.

