VLEIS GATSBY
VLEIS GATSBY
Bestanddele
Fillet
Pak bacon
200g sampioene (skywe gesny)
Koppie gerasperde Cheddar kaas
Pakkie klaar bereide pepersous
Bietjie speserye
Metode
Maak ‘n vuur soos vir vleis braai sodat daar genoeg kole is.
Neem ‘n stuk fillet en sny dit in die lengte in die helfte – nie heeltemal deur nie en vou oop en gooi bietjie speserye oor.
Pak op die helfte van die vleis ‘n laag bacon, dan ‘n laag sampioene en strooi die gerasperde kaas bo-oor. Vou ander helfte van vleis oor vulsel en draai goed toe in foelie en plaas op rooster vir 20 minute. Draai om van tyd tot tyd.
Na 20 minute maak die foelie oop en draai vleis op die toe kant en gooi die pepersous bo-oor en sit weer op kole vir 3 minute sodat pepersous warm word.
Haal uit foelie en sny in dun skyfies.
Resep : Riaan van Dyk.
Foto: Sophia Bester Agenbag

