VISBOLLETJIES VAN STOKVIS
VISBOLLETJIES VAN STOKVIS
Ongeveer 17 bolletjies
3 x stokvis filette
1 klein uitjie gerasper
2 agurkies gerasper
2 songedroogte tamaties fyn gesny
½ wieletjie feta kaas fyn gebreek
Vis speserye (fish spice)
Lemon en Black Pepper geursel (Ina Paarman)
½ kp brood krummels plus ekstra om in te rol
½ kp bruismeel (of meer indien nodig)
Stoom die vis in die mikrogolf of stoof tot gaar. Vlok dit lekker fyn en meng met die res van die bestandele. Sit meel by tot jy ‘n stewige maar nie stywe mengsel het. Rol bolletjie (happie grote) rol in die broodkrummels en pak op ‘n bord, sit in die yskas vir ongeveer half uur of langer. Sit bietjie olie in ‘n pan en bak tot gaar, moenie hitte te hoog maak nie, dit sal dan te gou bruin word. Haal uit, sit op kombuispapier tot afgekoel. Bedien met ‘n lekker doopsous, gemaak van 1000 Iland slaaisous, mayonnaise, heel korrels mosterd en bietjie sweet chilli sous alles na smaak.
Heerlike vingerhappie
Resep en foto: Rina Kleinhans

