TUISGEMAAKTE STYF GEKLOPTE ROOM

tested
TUISGEMAAKTE STYF GEKLOPTE ROOM
Sit ‘n ¼ koppie water en 10 g gelatien op die stoof, laat rukkie staan en sit dan die hitte aan roer tot die gelatien opgelos is. Dit kan ook in die mikrogolf gedoen word. Haal af van die stoof en plaas 1 koppie koue volroom melk in ‘n glasbak, skep die gelatien mengsel daarby.

Meng baie goed, ongeveer 20 sekondes. Voeg  7½ ml vanilla by en roer goed. Meng ‘n ¼ koppie versiersuiker by, meng goed en sit in die yskas vir ongeveer 60-90 min. Na 20 min haal uit en roer en herhaal deur elke 15 min te roer en weer terug te sit. Wanneer mooi dik, vat die elektriese klitser en klits dit lekker tot ‘n dik room. Gebruik as versiersel op koeke, dit is heerlik