SUURLEMOEN KOELDRANK

SUURLEMOEN KOELDRANKtested

SUURLEMOEN KOELDRANK

12-14 suurlemoene
1.5 liter kookwater
15 ml wynsteensuur
2.5 kg witsuiker
15 ml sitroensuur
15 ml Engelse sout

Rasper die skil van die suurlemoen af, nie die wit nie.
Druk die sap van suurlemoene uit.
Voeg alles saam en laat oornag staan.
Gooi deur ‘n sif.
Lewer ongeveer 2.5 liter stroop.
Meng na smaak.
Is baie heerlik.

Resep: Anna-Marie Kotze
Foto:  Jeannette Havenga