STAMPMIELIE-BOBOTIE


STAMPMIELIE-BOBOTIE
2 koppies rou stampmielies , maar week dit die aand vooraf
10 ml borrie
Sout
2 groot uie – ringe gesny
Olie
25 ml sterk kerrie poeier
1 kg maalvleis
50 ml blatjang
30 ml suiker
10 ml tamatiepasta
60 ml druiweasyn
Sout en Peper
Koppie melk
2 eiers
2 lourierblare
Verhit oond tot 180 grade C
Spuit groot oondvaste bak met C&S
Dreineer stampmielies en bedek met skoon koue water.
Voeg net helfte van borrie by water en kook tot die mielies sag is maar nie pap.
Geur na smaak met sout en peper.
Dreineer goed en hou eenkant
Soteer uie , voeg oorblywende borrie by en kerriepoeier en roerbraai so 1 minuut.
Voeg maalvleis bietjie bietjie by en braai tot gaar. Voeg die res van bestanddele by .
Prut nog ‘n paar minute.
Voeg stampmielies by en meng.
Skep nou in die bak en meng melk en eiers goed saam en giet oor mengsel . Plaas blare bo-op en bak 30-40min. Geplaas deur Esme Slabbert