Spek, spinasie en feta pasteie

 

Spek, spinasie en feta pasteietested

Die hoeveelhede wat ek gebruik het, het 6 groot pasteie gemaak, maar hoeveelhede kan aangepas word.

300g Spek (die klein stukkies)
400g spinasie
2 ringe fetakaas.
Deeghuys skilferkors deeg vierkante of soortgelyk
1 eier geklits

Braai spek sonder olie
Stoom spinasie tot net gaar, druk alle vog uit en snipper met n sker
Sny feta in klein blokkies.
Laat alles afkoel en meng deurmekaar.

Plaas sowat 3 eetl van die mengsel in die middel van die vierkante en rol op.
Plaas op gesmeerde bakplaat met vou na onder.
Smeer met n geklitse eier bo oor die pasteie.
Bak by 200°C vir sowat 30 min of tot goudbruin.

Nota: ek het geen sout bygesit nie aangesien die spek en feta alreeds sout in het, maar sout en peper na smaak kan bygevoeg word.
BRON – Bernadene Daniell Prinsloo