SJOKOLADE “POKE CAKE”

SJOKOLADE “POKE CAKE”
1 koppie suiker
1 koppie bruismeel of 1 koppie koekmeel en 7.5 ml bakpoeier
4 eetlepels kookolie
3 eetlepels kakao
2 eiers
1 koppie kookwater
knippie sout
*Ekstra:
2 pakkies sjokolade “instant pudding”
250 ml room (styf geklop)
1 blikkie “Caramel Treat”
1 Flake
Klits al die bestanddele vir die koek saam en bak in mikrogolf op hoog vir 7 min, laat staan in mikrogolf vir 10 min.
*Doen die volgende as koek uit die mikrogolf kom:
Neem jou houtlepel se agterkant en druk gate in die koek in. Maak 2 pakkies sjokolade “instant pudding” aan volgens aanwysings en skep oor die warm koek, laat dit lekker in die gate inloop.  Sit in die yskas tot poeding koud en gestol is.
Net voor opdiening klop room tot styf, stip hier en daar met die Caramel Treat, smeer die room oor en strooi die Flake stukkies oor.

Geplaas deur Cindy Mossop