Sizzler SE KAAS BRAAI BROODJIES
8 x 2cm dik snye gevriesde brood (belangrik dat gevries is)
100g regte botter, sag
60g parmesan kaas, vars van blok gerasper (smaak is beter)
Spray n Cook as jy nie Stonedine pan het nie
Metode:
Rasper die kaas en meng met sagte botter. Jamie O se as jy eers vars parmesan geeet het, koop jy nooit weer die mufferige klaar gerasperdes nie. Ek stem saam.
Smeer ‘n dik laag (een agste) van botter op een kan van brood en sit terug in die vrieskas. As jy nie alles gaan gebruik nie, plaas bakpapier tussen die lae anders gaan dit vassit en breek as jy dit uithaal.
Maak jou Stonedine (kleefvrye) pan goed warm. Spuit met SnC, maar omdat ek Stonedine gebruik, sit ek geen ekstra smeermiddel in nie.
Haal net soveel snye uit vrieskas as wat jy dadelik in pan sit. Werk uit vrieskas.
Plaas gevriesde brood in pan met gesmeerde kant ondertoe. Bak tot die sagte kant ontvries en warm is. Volgens die resep draai jy dit nie om nie maar ek verkies myne beide kante. Daar is genoeg botter en smaak in die pan oor om die ander kant mooi te rooster.
Notas
• Snye moet lekker dik wees om te werk. As jy nie dik snye kry nie, koop ‘n blok en sny jou eie..
• Bakpapier tussen snye in die vrieskas, om vassit en breek te verhoed..
• Rasper jou eie parmesan, ek sit nie my mond aan klaargerasperdes nie (maar dis jou eie keuse). As jy lui is, sny in klein blokkies en gooi in voedselverwerker.
• Om die brood te vries voor smeer en weer te vries voor bak is uiters belangrik om die resep reg te kry. As jy enige stap skiep, gaan jou eindproduk of brand of nie reg uitkom nie.
• Maak sommer die hele brood en vries, en gebruik soos nodig vir ‘n vinnige snack. Bedien ook by sop, as bykossie as die slaaie skraps is ens..
Kity de Jager

