SEEKOS POTJIE OOR DIE KOLE

 

Seekos potjie oor die koletested

SEEKOS POTJIE OOR DIE KOLE

Ek het toe die verlore seekospotjie se resep opgespoor. Ons maak dit gewoonlik op die vuur in ‘n swartboom pot, maar enige manier sal werk. Geniet dit. Onthou met baie van my resepte, kan jy maar speel met die hoeveelhede en bestanddele. Hier is dit ook die geval. Hier is ‘n groot hoeveelheid kos maar so lekker, en daar is gewoonlik niks oor vir die volgende dag nie!!!
10 gesnipperde uie
2 pakkies gesnyde sampioene
2 pakke seekos (of vars as jy kan kry, en net wat jou hart begeer)
2 pakke gesnyde spek (bacon)
2 x 250 ml room
3/4 tot 1 pak al danté gaar spaghetti
± 500g gerasperde kaas
2 blikke oesters of mossels, of een van elk
½ bolletjie fyn knoffel
3/4 tot 1 pakkie sampioensop

Braai uie, knoffel, en spek in bietjie olie. Voeg dan sampioene by en braai tot mooi blink.
Voeg seekos by. Maak toe en prut ± 10-15 minute
Kook spaghetti tot al danté.
Meng room en soppoeier
Voeg alles by en kook goed deur
Gooi toe met kaas en sit deksel op
Haal af van vuur en laat kaas smelt
Eet en wees vrolik.

Dit alles saam met heerlike vars growwe bruin brood is amazing.
Foto en resp geplaas deur Esme Slabbert