

PIESANGRAAD SE PIESANGKONFYT
1.5 ltr water
750 gr suiker
1.5 kg piesangs(reeds geskil)skyfies
150 ml suurlemoensap
2 ml sout
Meng alle bestandele in n kastrol.Pruttel ongeveer 20min.Roer kort-kort om te verhoed dat dit aanbrand.Bottel kokend warm in gesteriliseerde flesse.Skroef dig toe.Laat afkoel.Verwyder flesse en verseel met gesmelte kerswas.Skroef die deksels op!
Ek sit nie kerswas op nie want dit hou nie lank by my nie!Gebruik dit vir tertvulsels+koeke.Die fam sal dit sommer lepels vol eet netso!!!
Dis heerlik met roomys of soos jy verkies.
Bron:Verrig wonders met Piesangs. Deur die Piesangraad.
Foto: Ben Rautenbach