YSKAS MELKTERT

nie bak melkterttested
YSKAS MELKTERT
Genoeg vir 10-12 mense.
Verkoel 4 ure.
1.5 liter volroom melk
300 ml suiker
100 ml koekmeel
100 ml mielieblom
1 ml sout
2 eiers
10 ml vanielje geursel
30 ml botter
5 ml fyn kaneel

Gooi 500 ml melk in ‘n mengbak,  maak ‘n deegmengsel met suiker, koekmeel, mielieblom en sout en klits saam tot die mengsel glad is.
Klits die eiers en vanilla in nog ‘n bak en voeg by deegmengsel.
Verhit oorblywende melk en botter oor matige hitte tot dit begin kook.
Verwyder van hitte voeg ‘n bietjie by die meelmengsel en klits stadig by die res van die melk. Verlaag die hitte en laat dit kook terwyl jy dit voortdurend klits. Wanneer die vla verdik, gooi dit in die bereide bak, sif die kaneel bo oor en laat dit afkoel voor. Jy dit vir 4 ure in die yskas plaas. Sny in blokke.
FOTO – Ronel Muller Thoma