MURGPOEDING SONDER MURG


MURGPOEDING SONDER MURG
Vir diegene wat lus is vir ‘n baie soet poeding, dan is dit dié. Ek het dit net so bedien sonder roomys of vla.
Beslag:
1 eier
125 ml suiker
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
knippie sout
25 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml asyn
250 ml melk
Sous:
250 ml suiker
125 ml kookwater
250 ml idealmelk (of vars melk)
60 ml margarien
5 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits die eiers en suiker goed saam tot donsig, voeg die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, konfyt en asyn by en meng goed. Roer die melk by en klits tot ‘n gladde deeg. Giet die deeg in ‘n gesmeerde oondbak en bak vir 45 min in die voorverhitte oond.
Verhit die sousbestanddele saam in ‘n potjie tot kookpunt, draai die hitte af en giet die sous oor die poeding direk na dit uit die oond kom. Bedien die poeding met room, vla of roomys.
Nota – Ek het hele blik idealmelk gebruik.
Resep: Bertha Loftus Pretorius
Foto:  Frances Smith