MARANDA SE ROLO-KOEKIES

rolo koekies

MARANDA SE ROLO-KOEKIES
ʼn Foto het my oortuig om sulke koekies te probeer maak. En dis toe baie maklik – jy vou net ʼn Rolo toe in eenvoudige sjokoladekoekiedeeg
(sowat 25 koekies)

2 pakkies (50 g elk) Rolo-sjokolade
140 g (250 ml) botter
200 g (250 ml) bruinsuiker
200 g (250 ml) witsuiker
2 eiers
30 ml melk
5 ml vanieljegeursel
100 g (250 ml) kakao
350 g (625 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
strooisuiker om koekies in te rol
Plaas Rolo’s minstens 1 uur voor gebruik in yskas. verhit oond tot 180 °c. Plaas botter in elektriese menger se bak. voeg suikers bietjiesbietjies by en verwerk tot lig en romerig. klits eiers, melk en geursel saam. voeg by bottermengsel en meng goed. sif kakao, meel, bakpoeier en sout saam in mengbak. voeg bietjies-bietjies by bottermengsel en meng goed tot deeg vorm. skep ’n groot eetlepel vol deeg in jou hand. Druk een Rolo in die middel en maak goed toe met deeg. vorm in ’n bal. gooi strooisuiker op bord en rol koekie in suiker. Herhaal tot al die deeg op is. Plaas koekies so 2 cm uitmekaar op ’n uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 12 – 15 minute tot koekies begin kraak. Haal uit en laat afkoel op afkoelrak.

Resep en 2de foto: Maranda Van Dam
Heerlike Rolo koekies…
4 pakkies Rolo maak 39 koekies.
Foto: Andri du Toit