KONDENSMELK JELLIE KOEK (broken glass jello)

kondensmelk jellie koektested

KONDENSMELK JELLIE KOEK (broken glass jello)
1 koppie kookwater
½ koppie koue water

Sprinkel jou 2 koevertjies gelatien oor die halwe koppie koue water en laat rukkie staan.
Dan meng jy die kookwater by en laaste die blikkie kondensmelk.
Snipper jou jellie op en gooi kondensmelk mengsel oor en laat stol.
Jellie maak jy gewoonweg aan.
BRON – Mariska Taljaard

Delene Van Zyl
Maak net seker dat jul kondensmelk met gelatine net genoeg afkoel, anders smelt die jellie blokkies weer.
Meng dan na verlang, lae of deurmekaar.

Tweede foto: Alta Gunter Van Wyk