KERRIE SULT – CURRY BRAWN

Curry Brawntested

KERRIE SULT – CURRY BRAWN
4 Varkpote – skoon gemaak
1.5 kg beesskenkel vleis
5 groot uie, gekap
400 ml asyn
30 ml matige kerrie poeier
15 ml borrie
15 ml sout of na smaak
2 ml peper
Plaas die pote en skenkel vleis in n groot diep kastrol met n dik boom. Voeg die res van die bestandele by asook genoeg water om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en kook totdat al die vleis van die bene val. Laat dit afkoel tot lou, verwyder al die bene. Maal al die vleis fyn en voeg by sous in kastrol. Voeg nog kookwater by as die sous te min is. Laat dit opkook en proe of daar genoeg sout en kerrie in is. Giet die mengsel in reghoekige of vierkantige bakke en plaas in die koelkas om te stol. Dit is na ‘n paar uur reg vir gebruik.

Resep en Foto: Maria Kolesky
2de foto: Rensche van der Walt‎