JOHNNY SE KERRIE
JOHNNY SE KERRIE
Ek gebruik ‘n pot met ‘n deksel wat ek in die oond kan sit sodra al die gebraai dele klaar gedoen is want dan hoe ek nie bekommerd te wees dat my pot sal aan brand nie
Kook olie vir braai
2 ster anys sade
bossie vars dania /koljander blare
aartapples een per persoon opgesny in vingers
3 takkies kerrie blare vars of gedroog
1.5 teelepels sout
1 kaneel stokkie +-60mm
3 naeltjies
2 eetlepels dania en komynpoeier
1 groot ui opgekap
3 tamaties gerasper of blikkie tamatie
1 kg + stukkies vleis van jou keuse
1 koppie maas
1 teelepel gemengde knoffel en gemmer pasta
Gooi olie in pot en verhit met kaneel stokkie en ster anys tot goed warm.
Sorteer uie to deurskynend en voeg knoffel, kerrie blare, dania en komyn poeier en kerrie masala by en braai om smaak uit te trek,maar moenie laat brand nie dan is dit bitter.
Voeg tamaties by en kook stadig tot ‘n pasta sous. Hou vog min
Voeg sout by.
Voeg vleis by (vleis sal nog vog veroorsaak)
Voeg .n koppie maas by sit pot se deksel op en druk in die oond vir 1 uur by 200 ºC.
Kyk of vleis amper sag is en kyk dat daar genoeg vog is (vul aan met water) en voeg aartappels by
Sny helfde van dania blare op en voeg by.
Sit terug in oond vir 40 minute to aartappels sag is.
Roer res van opgesnyde dania blare by.
Skep op rys of brood of maak ‘n bunny chow met n derde van ‘n uitgeholde vars brood en geniet
BRON – Johan Röntgen

