JELLIE WIELETJIES
JELLIE WIELETJIES
85 g jellie (enige geur)
85 g malvalekkers
½ kop kookwater
Los jellie in kookwater op, snipper malvalekkers by jellie in en plaas in mikrogolf vir so 35 sekondes totdat lekkers gesmelt is en klits goed. Gooi in ‘n pan wat gespuit is en plaas in yskas tot heeltemal gestol. Lig by hoeke op en rol op en sny in wieletjies.
FOTO – Ronel Muller Thoma
Ina Van Heerden Jones (groen wiele)
Ek het hierdie wieletjies gemaak vir ‘n kinderpartytjie vandag.
2 pakkies jellie
150g marshmallows
Los 2 pakkies jellie op in 250 ml kookwater. Sny marshmallows stukkies daarin, plaas in mikrogolf vir 30 sekondes, haal uit en klits goed, plaas terug vir nog 30 sekondes, tot al die mashmallows gesmelt het. Gooi in vlak pannetjie wat liggies bespuit is met nie-kleefmiddel. Plaas in yskas om te stol, ongeveer 2 ure. Rol op in breedte om wielietjies te vorm, sny met gare die wieletjies en plaas plat neer op bord. Baie soet.
PS: ek het by die een lot voedselkleursel 10 ml bygevoeg, toe kom die kleur donkerder. Die tandestokkies is net in om te help om te set, haal uit voor opdien. Hou so lank as moontlik in yskas.


